SASHV MEER OOR ONS
Welkom by die Suid-Afrikaanse Skaaphondvereniging (SASHV) se webwerf.
Ons vertrou u vind ons webwerf helpvol en inligtingsvol.
Die doel is om bewustheid te skep oor die unieke aspekte van die werkende skaaphonde. In Suid Afrika meestal die skotse skaaphond/border kollie en kelpie. Daar moet begryp word dat hulle die gelukkigste is wanneer hulle aankeer werk doen en hulle intelligensie gestimuleer word.
Die Vereeniging is verbind deur sy
Telers en Registrasie program om die bewaarders te wees van hierdie ras.
Registrasie van werpsels verseker dat die ras verbeter word en die geskiedenis en herkoms word behou. Genetiese en mediese toetse word aanbeveel om net te teel met die beste lyne.
Ons
artikels is saamgestel deur toegewyde lede om u te help om die aspekte van opleiding en welsyn van die honde te verstaan.
SASHV word bestuur deur n uitvoerende komitee waar lede van al die provinsies verteenwoordig word. Aangeleenthede van lede, die publiek en algemene sake word bespreek en besluite geneem. Verwysnavrae na jou area verteenwoordiger.
Lede van die SASHV word van verwag om die hoogste standaarde te behou in terme van hulle werk met hulle honde,vee en mensdom.
Dit is ons doel om lede en die publiek te help om inligting, ondervinding en kontakte op te bou om sodoende n skaap hond op te lei.
Die goed opgeleide skaap hond kan u tyd en arbeid bespaar met die bestuur van u vee. Verwagte betaling is goeie voeding, stimulasie, vennootskap/vriendskap, mediese sorg en kwaliteit behuising. Beslis n goeie ooreenkoms.
Die Skaaphond
kompetisies is oop vir enigeiemand wat die belange van die skaaphonde op die hart dra. Dit is n gesinsport en het geen ouderdomsbeperkinge nie.
Dit is opwindend en n wonderlike wyse om mense te ontmoet met dieselfde belangstellings. Hanteerders (stadsjapies en boere) van ooreen die hele land deel met mekaar problem en wenke .Ons hoop as u die honde sien werk dat dit u sal inspireer om ook met u hond te begin te werk en aan kompetisies deel te neem. Die
winkel het items wat u kan help in die verband.
Kontak ons vir enige navrae of n geselsie omtrent die werkende skaaphonde. As u lid word van SASHV word u deel van n groeiende familie wat die belange en toekoms van die skaaphonde op die hart dra. Terselftertyd sal u skaaphond hanteringsvaardigheid ook verbeter. U kan ook ons
foto gallery besoek om n idee te kry van ons sport.