Winners' Profiles

SA JUNIOR DOG OF THE YEAR

- 2016 –

SA JUNIOR HOND VAN DIE JAAR

 

ACE BREEZE – B22823:  Born 04/04/2013

Handler – Irene Thompson

 

The Junior dog for 2016 is Ace Breeze that belongs to Irene Thompson.  Breeze was bred by Ragni Pretorius out of her well known lines. 

Kyk ons eerstens na vaar, Ray B19367 van Gerry Staegemann, sien ons Mick B17824 in die stamboek.  Mick was ‘n baie konstante hond wat uiters goed vir Ragni Pretorius presteer het en uit die ingevoerde paar van Henry vd Merwe – Glen B16500 en Lynn B15878 geteel is.  Mick het tientalle streekskampioenskapstitels verower en was Reserwe HVJ asook Reserwe SA Kampioen in 2008. 

Ray’s mother Flyn B 14835, was the first dog to win the SA Championship in the current format (international style) in 2001. To show that it was not a flash in the pan she repeated it twice more and became the first dog in SASDA history to win the SA title three years in a row.  That in it self says a lot of the quality of the working dogs out of which she was bred.

Breeze se ma, Tawny B 21136 van Ragni Pretorius, is ook uit baie indrukwekkende lyne geteel. Tawny se pa, Griffon B16332 kom uit Clyde B7242, ‘n seun van die beroemde Spot B222 en Floss B560.  Spot was SA Kampioen in 1978 en SA Kampioen en SA HVJ in 1980, terwyl Floss in 1981 SA Kampioen was en SA HVJ in 1981’2’3’4’6 – ‘n bewys van uiters konsekwente werksvermoë, ‘n kenmerk wat hulle aan al hulle kleintjies oorgedra het.   

Grand dam Thea B18925 was bred from Mick B17824 and Fey B16147.  Fey goes back to John Templeton’s Roy 114678, who in turn goes back to Moss 103923, runner up for the Supreme Championship in 1979.

Baie geluk, Irene – bly getrou aan Breeze se soliede werkende agtergrond!

 

 

SA SENIOR HOND VAN DIE JAAR

  • 2016 -

SA SENIOR DOG OF THE YEAR

 

ELFA SHINE – B21879:  Gebore 20/06/2010

Hanteerder – Irene Thompson

 

Elfa Shine is een van die min honde uit Faansie Basson se ingevoerde Jessie B21107, wat plaaslik presteer het en waarvan ons iets weet.  Sy is ‘n werpselsuster van Elfa Lass B21878 van Henry vd Merwe, derde HVJ 2016, en ‘n jaar jonger as Elfa Chloe B21272 van Mark Trollip, albei honde wat ook al hul merk gemaak het op die kompetisietoneel. 

Shine’s pedigree tells an impressive story, particularly on the sire’s side.  Her father Don B20150 of Faansie Basson is a dog that had won so many trials it’s almost unreal.  He was SA DOY for three years running in 2010’1’2 and won the SA Championship in 2013.  Don also won the Meeker Classic in the USA in 2012 thus becoming the first dog in SASDA history to win a major title outside the borders of South Africa. 

Don se ma Jessie B 15494 was SA Kampioen in 2000 en SA HVJ vir vier jaar in ‘n ry vanaf 2001 tot 2004.  Jessie se stamboek gaan ook terug na die beroemde Spot B222 en Floss B560 – beide SA Kampioene en SA HVJ in hul eie reg.  

Don’s sire Edge B17368 was also a very good dog that won the Reserve SA Championship in 2006. One of Edge’s strong points was his very natural outrun.  Through Edge we see a number of good dogs that made their mark in the USA – dogs like Hope of Bruce Foght and Roy of Tom Wilson – all  going back to Roy 114678 of John Templeton, one of the most sought after sires of his time.

Wel gedaan, Irene – jou deursettingsvermoë is uiteindelik bekroon met die wen van hierdie titel!

 

 

SA JUNIOR CHAMPION – 2016– SA JUNIOR KAMPIOEN

SHEEPMASTER GUS - B23174:  Born 04/03/2014

Handler – Mark Trollip

 

SM Gus was bred by Wally & Kathy Ward of Smithfield and is a year younger than this year’s Novice Champion, SM Katie B22767 of the same breeding, also handled by Mark Trollip.

 

As ons na Gus se stamboom kyk sien ons dat sy pa Taddymoor Troy B20870 ingevoer is uit Wallis.  Troy se pa Joe 263747 van Meirion Jones het in 2011 vierde geëindig in die Wêreldkampioenskapsbyeenkoms – ‘n bewys dat Gus en Katie uit honde met besondere werksvermoë geteel is.

 

Quite significant is the fact that Joe, Troy and Gus very similar is in their approach to stock by being very strong and focussed and as a result sometimes missing their stop whistles. 

 

Van moederskant af stam Gus ook uit redelik prominente honde in SASHV-geskiedenis.  Kyk ons na sy oupa, Koos B21156 van AJ Burger, sien ons hy stam uit Coil B15672, ‘n seun van Fritz B11782 en Dollie B8496.  Fritz  was ‘n agterkleinseun van Roy 114678 van John Templeton, wat weer teruggaan tot by Purdie’ Tam, ‘n sleutelhond van sy tyd.  Dollie was weer ‘n agterkleindogter van die alombekende Spot B222 en Floss B560. 

 

Dam Nonnie B21634 is a granddaughter of Steffi B17328, 2006 SA Champion and SA DOY and part of the team to the USA in 2005.  Nonnie’s grandfather goes back to Blou B1427 of Albie Brauer, who was bred out of Chopper B881 and Jot B242 of Ron Philip. 

 

Met sy prestasie is Gus weer eens bewys daarvan dat ingeligte teling bogemiddeld goeie werkshonde teweegbring.

 

Well done, Mark!

 

 

SA CHAMPION – 2016 – SA KAMPIOEN

ELFA FLINT – B21661:  Born 09/03/2010

Handler – Andrew Philip

 

Making it three in a row, Elfa Flint won the SA Championship title again this year, after barely making it through to the final, thus becoming the second dog in SASDA history to do so.  Flint is a litter brother to Elfa Tweed B21662, with whom Faansie Basson won both the SA Junior DOY and SA Junior Champion titles in 2011, and is a year older than current DOY, Elfa Zan B 22099 of Pippa Philip from the same breeding.   

 

These dogs are all pups of Faansie Basson’s Don B20150, winner of various Dog of the Year and Reserve Dog of the Year titles the past few years.  Don was bred from Edge* B17368 of Pippa Philip who was Reserve SA Champion in 2006.

 

Edge was natuurlik wyd en het sy skape genoeg spasie gegee om op hul gemak te wees wanneer hy beheer neem – ‘n eienskap wat hy aan al sy kleintjies oorgeteel het.  Deur Edge sien ons ‘n aantal goeie honde wat hul merk gemaak het in die VSA – dink maar aan Hope van Bruce Fogt en Roy van Tom Wilson, wat almal teruggaan na JJ Templeton se Roy ISDS114678, ‘n hond wat feitlik al die groot kompetisies in die VK gewen het.    

 

Edge’s sire, Alta-Pete Dan ABC35865 was Canadian National Champion 2000 and winner of various other prestigious USA trials.  His full sister, Fly, was Canadian National Champion 2001 as well as Reserve USBCHA National Champion.  Their sire, Sweep, was three times West Canadian Champion and put owner, Scott Glen, on the map for winning trials.

 

Moeder Hope ABC29005 was ‘US Nursery Champion’ 1995 en ook later Reserwe USBCHA Nasionle Kampioen.  Haar pa, Roy ABC3455, is na die VSA ingevoer deur Tom en het benewens ander toekennings, ook die Reserwe USBCHA Nasionale Kampioenskap verower.  Hy was ook die pa van ‘n groot aantal goeie kompetisiehonde oa Bruce Fogt se Nasionale Kampioen Hope. Interessant dat Don aan beide kante teruggaan na Dryden Joe – wonder of dit die rede was waarom hy soveel beheer oor skape kon uitoefen?  

 

Don’s mother Jessie B15494 was SA Champion in 2000 en Dog of the Year in 1999, 2001, 2002, 2003, 2004 – proof that she was a very consistent dog all her life. 

 

Flint se ma Molly B21137 is ‘n dogter van Griffin B16322 en Thea B18925, geteel deur Ragni Pretorius.  Griffin was die seun van Clyde B7242 en Bet B10434 van Tobie Lubbe.  Clyde was ‘n produk van die beroemde Spot B222/Floss B560 lyn wat geen bekendstelling nodig het nie en sekerlik een van die mees suksesvolle telings ooit was. 

 

Thea B18925 is a daughter of Mick B17824 and Fey B16147, who provided their owner Ragni Pretorius with a multitude of awards – truly proof that winners produce winners!

 

Congratulations and well done, Andrew!

 

 

 

SA DOG OF THE YEAR – 2016 – SA HOND VAN DIE JAAR

ELFA ZAN – B22099:  Born 21/04/2011

Handler – Pippa Philip

 

Zan is a younger sister of Elfa Flint B21661, current SA Champion, and big sister to Elfa Kenn B22486, Andrew Philip’s Junior DOY in 2014.  Apart from winning the DOY title for the second year running, Zan was also named the Most Consistent Dog for the past two years – proof of her consistent performance.   

 

Hierdie honde is almal kleintjies van Faansie Basson se Don B20150, wenner van verskeie HVJ en Reserwe HVJ-titels oor die jare.  Don is geteel uit Edge* B17368 van Pippa Philip, Reserwe SA Kampioen in 2006.

 

Edge was a wide running dog that gave his sheep enough space to settle when he took control of them.  Through Edge we see a number of good dogs that made their mark in the USA – dogs like Hope of Bruce Fogt and Roy of Tom Wilson, all going back to JJ Templeton’s Roy ISDS114678, a dog that had won almost all the major trials in the UK.   

Edge se pa, Alta-Pete Dan ABC35865 was Kanadese Nasionale Kampioen in 2000 en wenner van verskeie ander toonaangewende kompetisies in die VSA.  Sy suster, Fly, was Kanadese Nasionale Kampioen in 2001 sowel as Reserwe USBCHA Nasionale Kampioen. Hul pa Sweep, is drie keer as Wes-Kanadese Kampioen gekroon en het eienaar, Scott Glen, sodoende op die kaart van kompetisiewenners geplaas. 

 

Dam Hope ABC29005 was US Nursery Champion 1995 and Reserve USBCHA National Champion some time later.  Her sire, Roy ABC3455, was imported to the USA by Tom Wilson and was amongst other achievements, Reserve USBCHA National Champion.  He also sired a lot of good trial dogs, amongst other Bruce Fogt’s National Champion Hope. The most interesting fact is that Don goes back to Dryden Joe on both sides – wonder if that is why he was so good at holding sheep, as I believe Dryden Joe was?

 

Don se ma Jessie B15494 was SA Kampioen in 2000 en Hond-van-die-Jaar in 1999, 2001, 2002, 2003, 2004, wat bewys is dat sy baie konstant op die kompetisietoneel was gedurende haar lewe. 

 

Zan’s mother Molly B21137 is a daughter of Griffin B16322 and Thea B18925, bred by Ragni Pretorius.  Griffin was the son of Clyde B7242 and Bet B10434 of Tobie Lubbe.  Clyde in turn was a product of the well-known Spot B222/Floss B560 line, probably one of the most successful breeding lines in history.   

 

Thea B18925 is ‘n dogter van Mick B17824 en Fey B16147, en gaan terug na Sampi B8474 en Flicka B12282 wat Ragni Pretorius gevestig het as ‘n gerekende kompeteerder.

 

Baie geluk en wel gedaan, Pippa!

 

 

Sources/Bronne: SASDA Registration Scheme, Sheepdog Trials by Eric Halsall, Keydogs by Sheila Grew, Teun van den Dool, Pippa Philip, Mark Trollip.

© 2016 Sally Adam

Call us:

+27 87 985 3567

Email us: 

sasda@jenny.co.za